Bykos

Groen en wit aspersies met knoffel-aïoli

Aspersies is nou in seisoen. Meng wit en groen aspersies vir die gereg. Die aïoli is ’n tuisgemaakte knoffel-mayonnaise wat heerlik saam met die aspersies smaak.

  • 200 g wit aspersies
  • 200 g groen aspersies

Dompel eers die wit aspersies in kookwater en laat kook tot sag. Dreineer en gooi onmiddellik koue water oor sodat die aspersies nie pap raak van die hitte nie. Herhaal dieselfde proses met die groen aspersies.

Knoffel-aïoli
Ek maak my aïoli in ’n voedselverwerker – dis net soveel makliker en vinniger.

  • 4 eiergele
  • 4 knoffelhuisies
  • 1 ml sout
  • 30 ml suurlemoensap
  • 250 ml olyfolie
  • 250 ml sonneblomolie
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Plaas eiergele, knoffelhuisies, sout en suurlemoensap in voedselverwerker. Meng goed. Voeg eers die olyfolie drupsgewys by terwyl die mengsel heeltyd gemeng word. Voeg die sonneblomolie op dieselfde manier by. Geur met nog sout en peper indien nodig. Sit aïoli voor met aspersies en vars lemmetjies.