Screen Shot 2016-02-15 at 5.36.55 AM
Bykos

VIDEO: Spek-en-kaaswiele

Maklik, vinnig én almal gaan hieraan smul. Wat meer wil jy hê?

genoeg vir 12

Verhit oond tot 180 °C. Plaas 1 x 400 g-vel blaardeeg op werkvlak en smeer 125 ml roomkaas eweredig oor. Sprinkel 250 g brosgebraaide en opgekapte spek en 200 g gerasperde sterk cheddarkaas bo-op. Rol vel in die lengte op en plaas in yskas vir sowat 10 minute.

Sny deegrol in 12 eweredige skywe.

Spuit ’n koekpan met kleefwerende kossproei en pak skywe daarop. Bak 15 – 20 min tot goudbruin.