Vleisbotter

FOTO Donna Lewis

Bykos

Vleisbotter

Sit hierdie geurige vleisbotter saam met die tuisgebakte brood voor.

• 250 g-pak opgekapte spek
• 225 g chorizo-wors, fyngesny
• 500 g gesoute botter

Verhit braaipan tot warm en droogbraai spek en wors tot goudbruin en bros, sowat 5 – 8 minute. Plaas botter in elektriese menger en klits tot sagte mengsel. Voeg gebraaide vleis by en meng met ’n houtlepel deur. Voer ’n 20 x 15 cm-broodpan met kleefplastiek uit en skep bottermengsel in pan. Smeer gelyk en plaas in yskas vir 2 uur of tot gestol. Keer uit en sit voor met brood.