Foto deur Donna Lewis
SARIE KOS DES 13/JAN 14

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS DES 13/JAN 14

Bykos

Waatlemoenslaai met polenta-calamari

Ek het die slaai die eerste keer op Prins Albert geëet, tydens die verfilming van die kykNET-reeks Kokkedoor.
Genoeg Vir 6

• 140 g (250 ml) glutenvrye koekmeel
• 20 ml droë gemengde kruie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 500 g baba-calamari
• 3 eiers, geklits
• 400 g (500 ml) fyn polenta
• sonneblomolie vir diepbraai
• 80 g wilde roket
• hand vol basiliekruid
• 4 ringe waatlemoen, in blokkies gesny
• 60 ml balsemasyn

Meng meel en kruie saam en geur met sout en peper. Droog calamari af met handdoekpapier. rol calamari in kruiemeel tot goed bedek met mengsel. Skud ekstra meel af en doop in geklitste eiers. Skud ekstra eier af en rol in polenta. Verhit olie tot warm in middelslag-pot. Skep calamari in warm olie en diepbraai tot bros. Dreineer op kombuispapier. Plaas roket en basiliekruidblare in groot slaaibak. Pak calamari en waatlemoen op blare. Sprinkel balsemasyn oor en sit voor