sr1109hoofkos (9)
Kos

Chorizo-empanadas

genoeg vir 6 – 8

• 225 g (400 ml) koekmeel
• 5 ml sout
• 120 g (130 ml) botter
• 45 ml yswater
• 45 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 400 g hoenderborsies, in growwestukke gesny
• 225 g chorizo-wors, in ringe gesny
• 1 brandrissie, fyngekap
• 5 ml gerookte paprika
• 1 x 400 g-blik tamaties, fyngekap
• sap en skil van 1 suurlemoen
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1 eier, liggies geklits

Verhit oond tot 180 °C. Plaas koekmeel, sout en botter in voedselverwerker en verwerk teen hoë spoed tot die tekstuur van fyn broodkrummels. Voeg yswater by en verwerk tot alles in een bal saamkom. Laat deeg rus in yskas terwyl jy die vulsel maak. Verhit olyfolie in ’n middelslag-pan. Voeg ui en knoffel by en braai liggies

tot goudbruin. Voeg hoender en chorizo by en braai tot begin verbruin. Voeg brandrissie, paprika, tamatie, en sap en skil van suurlemoen by. Verlaag hitte en laat stadig prut vir 25 – 30 minute of tot dit ’n romerige mengsel is. Geur goed met sout en peper. Laat afkoel. Rol deeg tot sowat 3 mm dik op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Sny ronde sirkels van sowat 12 cm uit.

Skep lepels vol van mengsel op helfte van deeg.Vou ander helfte bo-oor en druk deegrand stewig vas. Verf met geklitste eier. Plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak 20 – 25 minute of tot goudbruin. Sit warm voor.

Laai jou inkopielys af as ’n JPEG of PDF.