FOTO Lee Malan

FOTO Lee Malan

Bykos

Diepgebraaide ui

B’s is een van my gunsteling- restaurante op Hermanus. Hulle bedien ’n ui soortgelyk hieraan, wat my so gefassineer het dat ek dit self moes maak. Nou kan jy ook!

genoeg vir 4

Braaityd: 10 minute

• 1 liter sonneblomolie vir diepbraai
• 1 x 250 g gladde maaskaas
• 60 ml pikantrissie-blatjang
• 30 ml balsemasyn
• 70 g grasuie

Diepgebraaide ui

• sout en varsgemaalde swartpeper
• 4 groot heel wit uie – moenie wortelkant van ui afsny nie
• 250 ml mielieblom
• 4 eiers, geklits
• 200 g graanvlokkies, gekrummel
• 80 g roketblare

Verhit sonneblomolie in ’n groot kastrol vir diepbraai. Meng maaskaas, blatjang, balsemasyn en grasuie en geur met sout en peper. Sny elke ui van bo af in wiggies sodat dit soos ’n blom lyk, maar moenie deursny nie. Plaas in die mikrogolfoond vir 11⁄2 – 2 minute. Laat effens afkoel. Rol in mielieblom, eier en dan krummels. Diepbraai in olie tot bruin van kleur, dreineer op kombuispapier. Sit voor met roomkaasmengsel en roket.