FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Kos

Dik oondgebraaide tjips

genoeg vir 4

• 6 groot aartappels
• 500 ml kanola-olie
• sout na smaak

Verhit oond tot 180 °C. Skil aartappels en sny elke aartappel in die lengte in drie. Sny elke derde in repe van sowat 1½ cm dik. Plaas al die tjips in ’n groot kastrol en bedek met koue water. Plaas op stoofplaat en verhit tot kookpunt. Laat 3 minute oop kook en dreineer in vergiettes. Gooi olie in ’n oondbraaibak en plaas in warm oond om te verhit. Laat staan sowat 10 minute in oond en haal versigtig uit.

Plaas tjips versigtig in warm olie en roer effens sodat alles bedek is met olie. Plaas terug in oond en oondbraai 1½ – 2 uur. Roer af en toe. Wanneer tjips goudbruin en bros is, haal bak versigtig uit oond. Skep uit met ’n gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier. Geur met sout.