Foto's deur Lee Malan

Foto's deur Lee Malan

Drankies

Aarbei-en-vanielje-limonade

Hierdie tyd van die jaar is die winkelrakke propvol aarbeie. Jy kan die stroop in groot maat kook en in jou yskas hou. Gooi net soda of limonade by wanneer jy dit wil voorsit.

2 liter

• 500 g aarbeie, grofgesny
• 210 g (250 ml) strooisuiker
• 1 vanieljepeul of 10 ml vanieljegeursel
• 100 ml water
• 2 liter sodawater of limonade

Plaas aarbeie en suiker in middelslagpot. Sny vanieljepeul oop met skerp
mes, krap saadjies uit en gooi albei by aarbeie.Of voeg net geursel by as jy
dit verkies. Voeg water by en bring tot kookpunt oor lae hitte. Laat prut vir
20 – 25 minute of tot aarbeie sag en pap is. Verwerk tot puree met staafmenger
(stickblender). Plaas in yskas tot yskoud. Voeg sodawater of limonade by. Sit voor
in klein glasbottels of in ’n groot beker met ys.