Drankies

Cholesterol-kafdraffer

(sowat 600 ml)

  • 150 ml afgeroomde melk (nie 2%-melk nie)
  • 125 ml hawermout
  • 1 appel, geskil en in blokkies gesny
  • 1 ml fyn kaneel
  • 3 ysblokkies

om te versier

  • 1 appel, in dun skyfies gesny
  • 1 kaneelstokkie vir elke glas

Gooi al die bestanddele in jou smoothie-masjien. Verwerk tot glad. Gooi in glase en versier met ’n appelskyfie en kaneelstokkie.