Framboos-Mojito

FOTO Donna Lewis

Drankies

Framboos mojito

Dié Mexikaanse drankie maak jy met bevrore frambose. Dis heerlik verfrissend – met of sonder alkohol.

genoeg vir 8

• 400 g bevrore frambose
• 200 ml wit rum
• 6 lemmetjies, gehalveer
• + kruisement (opsioneel)

Plaas frambose in voedselverwerker engooi rum by. Druk sap van lemmetjies uit en voeg by framboosmengsel. Voeg paar takkies kruisement by as jy wil en pols by hoë spoed tot gladde mengsel. Verdeel in glase en sit voor.