sarie_121
Drankies

Gemmer-en-vinkel-tee

  • 1½ cm-stuk vars gemmer, in skyfies gesny
  • 1 vinkeltakkie, afgespoel en opgesny
  • 1 – 2 koppies kookwater

Laat die gemmer en vinkel sowat 5 minute in kookwater trek. Versoet met heuning, indien verkies. Onthou, vir chroniese derm-ongemak mag dit nodig wees om ook ander dieet-aanpassings te maak.