Foto deur Donna Lewis

SARIE KOS AUG/SEP 2012

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS AUG/SEP 2012

Drankies

Komkommer-limonade

As ek in die somer vriende vir middagete nooi, is dié verfrissende limonade altyd op die tafel. Dis maklik om te maak, probeer dit!
Genoeg vir 14

  • 2 groot komkommers, geskil en oorlangs gehalveer
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 100 ml jenewer (opsioneel)
  • 2 x 750 ml-bottels limonade
  • 1 kg fyn ys

Plaas komkommer, sap en skil van suurlemoene in voedselverwerker. Maak op hoë spoed fyn tot gladde mengsel. Druk deur ’n sif. Roer nou jenewer by, as jy dit gebruik. Plaas in yskas tot yskoud. Gooi in groot glasbeker en voeg gebreekte ys by. Gooi limonade oor en sit voor.

Wenk
Breek ys só: Draai ysblokkies in ’n skoon kombuisdoek toe. Hou dit stewig vas en slaan met ’n houtkoekroller daarop tot fyn.

  • CHRISTELLE PRETORIUS

    EK WIL NET GRAAG UITVIND OF DIT ‘N SPESIFIEKE SOORT LEMONADE IS WAT VIR DIE KOMKOMMER LEMONADE GEBRUIK WORD?

    CHRISTELLE PRETORIUS