sk0812cocktails12
Drankies

Mojito vir warm winterdae!

Hier’s ’n heerlike verandering op die klassieke mojito.

genoeg vir 4

Vir die stroop

Bring 250 ml suiker, 1 kaneelstok en 250 ml water saam tot kookpunt in ’n klein kastrolletjie. Kook vir 5 minute. Laat dit afkoel. Verwyder kaneelstok.

Mengeldrankie

• 28 vars mentblare
• 2 lemmetjies, in kwarte gesny
• 100 ml suikerstroop
200 ml goue rum (Captain Morgan Original Spiced Gold)
400 ml sodawater
• 4 heel takkies ment

Kneus mentblare en voeg by lemmetjies en suikerstroop. Verdeel die mengsel met lemmetjies tussen 4 glase. Vul elke glas met gebreekte ys. Voeg 50 ml rum by elke glas. Plaas ’n takkie ment in elke glas en vul met sodawater.