Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS OKT/NOV 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2013

Drankies

Gemmerbier

Sowat 3 liter

• 10 ml korrelsuurdeeg
• 500 ml louwarm water
• 400 g (500 ml) suiker
• 3 liter water
• 10 ml jamaikagemmer
• hand vol rosyne

Meng korrelsuurdeeg met 500 ml louwarm water in ’n mengbak. Laat staan tot ’n skuimbol vorm. Meng suiker en 3 liter water tot suiker heeltemal opgelos het. Voeg suurdeeg by. Voeg jamaikagemmer by en meng Gemmerbier goed. Voeg rosyne by. Gooi gemmerbier in erdehouer en laat staan oornag. Gooi die volgende oggend die gemmerbier deur ’n moeseliendoek en gooi in bottels. Gooi rosyne weg. Laat bier koud word in die yskas.