FOTO Donna Lewis

SARIE KOS OKT/NOV 2012

FOTO Donna Lewis SARIE KOS OKT/NOV 2012

Diabeties

Rooibos-ystee

Resep deur Annerien Vermeulen

ʼn Heerlike drankie – soggens, smiddae en saans! Jy kan die vrugtesap verander soos jy lus het, bv. eerder perskesap of bessiesap as lemoensap. Vir ʼn soeter weergawe kan jy versoeter by die afgekoelde rooibostee gooi. Die ystee kan ook gegarneer word met mentblaarjies en skyfies lemoen en suurlemoen.

genoeg vir 8 mense

• 750 ml sterk rooibostee, afgekoel
• 250 ml onversoete lemoensap
• 20 ml vars suurlemoensap
• ysblokkies
• 300 ml suikervrye gemmerlim (ginger ale – beskikbaar by Woolworths)
• Sprite Zero of 7UP Light

Meng die koue tee, lemoen- en suurlemoensap. Verdeel tussen 8 glase. Skep ys in elke glas. Verdeel die gemmerlim tussen die glase, gevolg deur die Sprite Zero of 7 UP light. Sit voor. Of sit voor in ’n groot beker met ys.