sk0812cocktails18
Drankies

Sjokolade-ment-martini

(1 drankie)

• 25 ml vodka
• 25 ml sjokolade-likeur
• 25 ml Baileys
• 12,5 ml suikerstroop *
• 8 vars mentblare

Skud die bestanddele saam en gooi deur ’n siffie in ’n martini-glas. Versier met ’n ment-takkie.

* Bring ’n koppie water tot kookpunt en voeg ’n koppie suiker by. Roer oor medium-hitte totdat die suiker opgelos is en die stroop effens verdik. Gooi oor in ’n bottel.