Drankies

Spesery-mojito

(1 drankie)

  • 8 – 12 vars mentblare
  • 20 ml gomm (suikerstroop)*
  • 35 ml Spiced Gold-rum
  • 20 ml suurlemoensap
  • 25 ml perske-puree
  • gemmerbier

Kneus die mentblare in die gomm. Voeg fyngebreekte ys by. Voeg die ander bestanddele by en vul die martique-glas met gemmerbier. Versier met ’n ment-takkie.

* Bring ’n koppie water tot kookpunt en voeg ’n koppie suiker by. Roer oor medium-hitte totdat die suiker opgelos is en die stroop effens verdik. Gooi oor in ’n bottel.