sk08_4suurlemoene05
Drankies

Suurlemoenstroop

(sowat 2 ½ liter stroop)

  • 1 kg (1 250 ml) suiker
  • 1,5 liter water
  • skil-repies van 2 suurlemoene
  • 500 ml suurlemoensap

Meng al die bestanddele in ’n kastrol. Bring tot kookpunt en roer aanmekaar sodat die suiker oplos. Laat prut vir 10 minute. Die stroop moet afkoel voor jy dit in bottels gooi. Hou dit in die yskas.