Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Drankies

Tuisgemaakte limonade

ʼn Lekker manier om ʼn koel drankie voor te sit. Gebruik etiket bottels sodat jy die drankies of gas se naam daarop kan skryf.

  • 600 g (750 ml) suiker
  • 200 ml suurlemoensap
  • 4 groenappels (Granny Smith)
  • 2 liter sodawater
  • vars kruisementblare
  • baie ys

Meng suiker en suurlemoensap in ’n mengbak. Roer tot suiker opgelos is. Sny appels in wiggies. Voeg sodawater by suikermengsel en meng. Vul bottels so halfpad met ys en sit 3 – 4 appelwiggies bo-op. Gooi limonade in bottels en versier met kruisement. Sit dadelik voor.

Wenk
Jy kan die hoeveelheid suiker aanpas as jy dit soeter wil hê. Proe en voeg nog suiker by indien nodig.