FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Drankies

Vanielje-en-bloubessie-pons

Gebruik bevrore bloubessies. Dis reeds sag en pap wanneer dit ontdooi.

genoeg vir 8

• 1 vanieljepeul, saadjies uitgekrap
• 240 g bevrore bloubessies, ontdooi
• 300 g (375 ml) suiker
• 500 ml water
• 1 kg ys, gebreek
• 2 suurlemoene, in skywe gesny
• 2 liter limonade

Plaas vanieljesaadjies en peul, bessies, suiker en water in middelslagpot. Bring tot kookpunt en kook vir 8 minute of tot vloeistof met ⅓ verminder het. Laat afkoel tot yskoud en verwerk tot puree met staafmenger (stick blender). Plaas ys, suurlemoenskywe en koue stroop in groot ponsbak. Gooi limonade oor en meng liggies deur. Sit voor.