FOTO: Phyllis Green

Drankies

Vonkelwyn-groentepons

  • 1 huisie skoon knoffel
  • ¼ rooi soetrissie
  • ½ bloedrooi konfyttamatie
  • klein takkie vars tiemie
  • 30 ml vodka
  • 5 ml vars suurlemoensap
  • 80 ml vonkelwyn (halfdroog)

Rooster die groente met ’n klein knippie sout in die oond totdat dit sag en bietjie gekaramelliseer is. Verpulp en druk deur ’n fyn sif en verkoel. Skud 80 ml groente-puree, die vodka en suurlemoensap in ’n mengfles met ys. Skink net so, of verdun met vonkelwyn as ’n lang drankie met ’n strooitjie.

Spesiaal vir SARIE.com geskep deur Hennie Fisher, departement verbruikerswetenskappe, Universiteit van Pretoria