FOTO Donna Lewis

Drankies

Warmsjokolade met skop!

Probeer hierdie grootmens-weergawe van warmsjokolade met skop! Dit is heerlik vir die koel winterdae ná ete in die plek van nagereg.

winter

FOTO: Donna Lewis

genoeg vir 4-6

• 500 ml melk
• 200 g donkersjokolade, fyngekap
• 30 ml fyn kaneel
• 250 ml room
• 200 g witsjokolade, fyngekap
• 100 ml whiskey of brandewyn
• 250 ml vars geklopte room

Bring melk tot kookpunt en gooi bo-oor gekapte donkersjokolade. Roer tot gladde mengsel en voeg kaneel by. Bring room tot kookpunt en gooi oor witsjokolade. Roer tot gladde mengsel. Voeg die alkohol van jou keuse by en roer deur.

Verdeel donkersjokolade tussen glase, gevolg deur witsjokolade. Skep lepels vol room bo-op. Sit voor met bros beskuitjies … njam-njam!