sk0212maalvleis01-570x740
Kos

EET NOU: Onder R100 vir 4

Maalvleis bly een van die bekostigbaarste maniere om jou gesin kos te gee. Maar dit hoef nooit eenvoudig of vervelig te wees nie, al wat jy nodig het, is maalvleis van baie goeie gehalte (ek verkies maer beesmaalvleis), en natuurlik goeie gaarmaakmetodes!

En die bonus? Net sowat R100* per gereg vir 4 mense

Maak jou maalvleis so geurig:

• Gebruik hoëgehalte-maalvleis met min vet, want die vet kook weg en jy gaan baie min vleis oorhê as jy met vetterige maalvleis begin.

• Gebruik vars groente in seisoen om seker te maak alles smaak geurryk en op sy beste.

• Vleissouse soos bolognese vra genoeg tyd om te kook, want dis die lang kooktyd wat die eindresultaat geurig maak.

• Onthou dat bykosse ook op hul beste moet smaak sodat die kroongereg se geure tot hul reg kom.

1. Maalvleis-koftas op koeskoes

Hierdie gereg uit die Midde-Ooste kom kuier gereeld in my huis. Dis ook lekker as jy dit oor die kole braai. Maak genoeg, want jou gaste gaan vra vir nog!

skm1106mintyd1-570x752

FOTO Donna Lewis

2. Boerekerrie-en-rys met bone

Ek het in die Noord-Kaap grootgeword en dié soet kerrie was ’n gunsteling van my ma. Sit hom voor met roosterkoek of vuurwarm vetkoek. Jy kan natuurlik winkeldeeg vir albei gebruik!

sk0212maalvleis01-570x740

FOTO Lee Malan

3. Basisresep van bolognese

My vriende vertel gereeld vir my hulle kan nie kook nie, maar ek glo dit nie: As jy kan lees, kan jy kook! My raad aan hulle is altyd dieselfde, en dis dat jy 2-3 basiese resepte moet bemeester. Een so ’n resep is bolognese. Hy sal jou nooit teleurstel nie.

sr1108weeks_etes-570x745

FOTO Donna Lewis

4. Frikkadel-kerrie

Ek het al dikwels frikkadelle geëet wat droog en aaklig is, maar kry jy hom perfek reg, smelt my hart sommner net daar! Die geheim is die sous waarin jy die frikaddelle gaarmaak. Gebruik goeie speserye vir die sous en neem tyd daarmee.

Sept_maalvleis-1-570x373

FOTO Donna Lewis

5. Jaffels

Die jaffel is terug en soos hy homself al by menige kerkbasaar, skoolfondinsameling en tuisnywerheid bewys het, wéét hy hoe om harte te steel. Die sukses van enige jaffel word bepaal deur sy vulsel. Hierdie maalvleisvulsel is perfek –  maak genoeg en vries dit in porsies. So kan jy gou lekker kos maak. Soek jy ’n jaffelpan? Koop dit aanlyn hier! 

sr1106kos_2_-570x747

FOTO Donna Lewis

* Die pryse word op die gemiddelde prys van bestanddele beraam. Dit sal ook verskil van winkel tot winkel.