FOTO:Micky Hoyle

FOTO:Micky Hoyle

Kos

Eier-en-tamatieslaai

Maak die sous en gooi dit in ’n bottel. Pak dit in jou piekniekmandjie en skep dit oor net voor jy dit voorsit.

genoeg vir 6 – 8

• 6 eiers
• 350 g tamaties (verskillende soorte)
• 100 g swart olywe (sien bl. 34)
• hand vol vars basiliekruidblare
Sous
• 60 ml crème fraîche (suurroom)
• 60 ml mayonnaise
• 50 ml melk
• 10 vars basiliekruidblare, gekap
• 5 ml gekapte groen brandrissie (opsioneel)
• sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas eiers in ’n kastrol. Bedek met kouewater en plaas op stoofplaat. Bring water tot kookpunt en laat eiers 5 minute kook. Dreineer en gooi onmiddellik koue water op eiers om kookproses te stop. Laat eiers afkoel, verwyder dop en halveer. Halveer tamaties en rangskik saam met eiers en olywe in ’n bak. Sny basiliekruidblare in repe en sprinkel bo-op.

Meng al die sousbestanddele en gooi in ’n bottel. Gooi oor slaai net voor jy dit voorsit.