FOTO:Micky Hoyle

FOTO:Micky Hoyle

Kos

Fillet kebabs

Koop soetrissie-pesto en gebruik dit as marinade.

genoeg vir 10 kebabs

• 700 g beesfilet
• 125 g rooi-soetrissie-pesto
• 30 ml olyfolie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• sowat 50 ml olyfolie
• 10 kebabstokkies

Sny filet in groot blokke. Plaas in ’n mengbak en gooi soetrissie-pesto en die 30 ml olyfolie oor. Meng goed deur en maak bak toe met kleefplastiek. Plaas in yskas en laat marineer minstens 4 uur, maar verkieslik oornag.

Haal uit en geur met sout en peper. Ryg nou 4 – 5 blokkies aan ’n kebabstokkie. Verhit klein bietjie van die 50 ml olyfolie in ’n riffelpan. Braai 4 kebabs op ’n slag, sowat 2 minute weerskante. Die vleis moet nog lekker pienk in die middel wees. Haal uit en laat afkoel.