Foto deur Donna Lewis SARIE KOS AUG/SEP 2012

Gebak

2-Bestanddeel-mousse met fillowafels

Die mousse is baie maklik. Die geheim is sjokolade van goeie gehalte
Genoeg vir 6 – 8
Baktyd: 8 – 12 minute

  • 2 velle fillodeeg
  • 80 ml kanola-olie
  • 45 ml versiersuiker

Mousse

  • 250 ml melk
  • 200 g 70%-donkersjokolade, fyngekap
  • 125 g bessies van jou keuse

Verhit oond tot 180 °C. Gebruik ’n skerp mes en sny elke vel fillo in 8 kwarte. Plaas bo-op mekaar, gebruik letterkoekiedrukkers en druk ’n woord van jou keuse uit die fillo. Pak die velle op ’n bakplaat wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is. Verf met kanola-olie en sif suiker oor. Bak vir 8 – 12 minute of tot goudbruin en bros. Laat afkoel.

Mousse
Verhit melk tot kookpunt en gooi bo-oor sjokolade. Roer tot gladde mengsel. Laat afkoel tot koud maar nog nie gestol nie. Klits mengsel met elektriese handklitser op hoë spoed tot dik en romerig. Skep in koppies van jou keuse en laat stol in yskas. Sit voor met vars bessies en gebakte fillo.