sr1302 hoofkos (7)
Gebak

Skons met net 3 bestanddele

Daar is min dinge wat lekkerder is as warm skons met baie botter, aarbeikonfyt, sterk cheddarkaas en geklopte room. En met dié maklike en vinnige resep waarvoor jy net drie bestanddele nodig het, kan jy meer gereeld aan warm skons smul. 

In dié video wys ons hoe jy vinnig dié teetydtreffer kan optower.

• 750 ml (3 k) meel
• 250 ml (1 k) room
• 250 ml (1 k) koue limonade

Verhit oond tot 180 ºC. Plaas meel, room en limonade saam in ’n groot mengbak. Meng goed met vurk tot sagte deeg vorm. Keer uit op meelbestrooide werkvlak.

Druk uit met ronde koekiedrukker en plaas op kleefvrye bakplaat. Bak sowat 15 – 20 minute. Haal uit en laat effens afkoel op draadrak. Sit voor met botter, aarbeikonfyt, gerasperde cheddarkaas en geklopte room – heerlik!

  • Lynette

    Ander resepte soortgelyk hieraan kry Bruismeel in die beslag. Is gewone koekmeel reg in hierdie weergawe?