5uur-lamsbladrol met kruiesous

5uur-lamsbladrol met kruiesous FOTO: Donna Lewis

Gebak

5uur-lamsbladrol met kruiesous

Knus om die tafel
Somer sê tot siens en ons krag is onvoorspelbaar. Juis die tyd om vriende op te beur met ń mooi herfstafel en die ketelbraai (of koolstoof) in te span vir ń koningsmaal

Ons 5uur-lamsbladrol met kruiesous, ’n Geurige vleissnit wat stadig gerooster moet word om te verseker dis lekker sag.

Genoeg vir 6-8

• 45 ml olyfolie
• 2 uie, gekap
• 4 knoffelhuisies, gekap
• 60 ml fyn koljander
• 1 lamsrib, ontbeen en gerol (vra slagter)
• 2 takkies vars roosmaryn, gekap
• 500 ml lamsaftreksel
• 500 ml rooiwyn
• sout en varsgemaalde swartpeper

SOUS
• hand vol pietersielie
• 2 knoffelhuisies
• 200 ml olyfolie
• 40 ml rooiwyn-asyn
• 1 groen brandrissie

Verhit Weber tot matig warm (jy sal nou en dan nog kole moet bysit) of verhit oond tot 140 °C. Verhit olyfolie in groot pot oor matige hitte. Voeg uie en knoffel by en roerbraai 5 minute of tot dit begin verbruin. Sprinkel koljander oor lamsrib. Plaas op uiemengsel in warm pot en braai 5 – 8 minute of tot reg rondom goudbruin. Sprinkel roosmaryn oor. Voeg aftreksel en wyn by. Geur goed met sout en peper. Bring tot kookpunt. Maak pot toe en plaas in Weber of warm oond. Braai 5 uur.

Plaas al die bestanddele vir sous in voedselverwerker en pols by hoë spoed tot glad. Haal lam uit potsous en breek in growwe stukke. Gooi van die potsous oor en sit voor met kruiesous.

5uur-lamsbladrol met kruiesous

5uur-lamsbladrol met kruiesous
FOTO: Donna Lewis