FOTO Lee Malan

Gebak

Aarbeikonfyt-koekies

genoeg vir 24 koekies

• 400 g (435 ml) botter
• 200 g (385 ml) versiersuiker
• 10 ml vanieljegeursel
• 4 eiergele
• 500 g (890 ml) koekmeel
• knippie sout
• 1 x 160 g-fles sagte aarbeikonfyt

Room botter, versiersuiker en vanielje met ’n elektriese menger tot lig en romerig in middelslag-mengbak. Voeg eiergele by en meng goed. Voeg meel en sout by.Meng tot ’n sagte koekiedeeg. Verdeel deeg in twee gelyke dele, draai elkeen in kleefplastiek toe en laat rus in yskas vir 25 minute. Strooi dun lagie meel op werkvlak. Rol elke bal koue deeg met koekroller uit tot sowat 5 mm dik. Smeer konfyt op een deel deeg en plaas tweede een bo-op. Druk stewig vas. Plaas op bakplaat en sit in vrieskas tot hard.

Verhit oond tot 180 °C. Sny bevrore deeg met ’n skerp mes in netjiese reghoek. Meet porsies van 2 cm breed en sny lang koekies. Plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak 12 –15 minute of tot goue teekleur. Laat afkoel tot hard.