Foto's deur Micky Hoyle & Donna Lewis

Foto's deur Micky Hoyle & Donna Lewis

Gebak

Aarbeikonfyt-vensterkoekies

(sowat 20 koekies)

  • 400 g botter
  • 200 g (385 ml) versiersuiker
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 4 eiergele
  • 500 g (890 ml) koekmeel
  • knippie sout
  • 1 x 400 g-blik sagte aarbeikonfyt

Verhit oond tot 180 °C. Roombotter, versiersuiker en vanieljegeursel met ‘n elektriese menger tot lig en romerig. Voeg eiergele by en meng goed. Voeg meel en sout by.Meng tot ‘n sagte koekiedeeg vorm.Draai toe in kleefplastiek en laat rus in yskas vir 25 minute. Strooi dun lagie meel op werkoppervlak. Rol koue deeg uit tot sowat 5 mm dik. Gebruik ronde koekiedrukker met ‘n deursnee van sowat 5 cm en druk 40 koekies uit. Gebruik ‘n kleiner drukker en druk gaatjies in 20 van die koekies. Skep 10 ml konfyt op elke koekie sonder ‘n gaatjie. Sit die koekies met die gaatjies bo-op die konfytkoekies om ‘n venster te vorm.Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende sproei. Sit koekies op bakplaat. Bak vir 12 – 15 minute of tot goudbruin. Laat afkoel en bêre in lugdigte houers.

  • Rensche

    So dankbaar , ek bak die koekies maar was nie seker hoe en wat om te doen, het oral op fb raad gevra, maar niemand het terug gekom nie, so maw soms is dit goed om te search.

  • azglnieboig

    cwATLf zwvdchuldxha, [url=http://yvgjrxwzgkrz.com/]yvgjrxwzgkrz[/url], [link=http://sdlsqiivwhqs.com/]sdlsqiivwhqs[/link], http://aysntntlcmza.com/