Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

Gebak

Aartappel-en-hamgebak

(4 – 6 porsies)

  • 12 aartappels
  • 15 ml botter
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 10 snye ham, in stukke gebreek
  • 100 g parmesaankaas, fyngerasper
  • hand vol vars basilieblare, gebreek
  • 1 liter room

Verhit oond tot 180 °C. Skil rou aartappels en sny in dun skywe. Smeer ’n oondbraaibak van sowat 40 cm lank met botter. Pak een laag aartappels in bak. Geur met sout en peper. Pak stukke van ham bo-op, sprinkel van kaas oor en dan van die basiliekruid. Herhaal proses tot al die bestanddele gebruik is. Gooi room oor en plaas in warm oond. Bak sowat 1 uur 20 minute tot aartappels sag is.