Foto deur Lee Malan

SARIE KOS FEB/MAART 2013

Foto deur Lee Malan SARIE KOS FEB/MAART 2013

Gebak

Aartappel-focaccia

(genoeg vir 1 groot brood)
baktyd: 25 – 30 minute

  • 1 x basiese brooddeeg(sien resep op web)
  • 125 g-houer basiliekruid-pesto
  • 6 aartappels, in dun ringe gesny
  • 45 ml olyfolie
  • growwe sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Spuit ’n 25 x 30-cm bakplaat goed met kleefwerende kossproei. Keer uitgerysde deeg in bakplaat uit en druk plat tot hele pan eweredig gevul is met die deeg. Smeer pesto in dun lagie oor deeg met agterkant van ’n lepel. Pak aartappels bo-op . Geur goed met sout en swartpeper. Sprinkel olyfolie oor. Laat weer rys op warm plek vir 20 – 25 minute of tot dubbel in volume. Bak 25 – 30 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel tot louwarm en sit voor.