Foto's deur Micky Hoyle

Bykos

Aartappelroomgebak

Genoeg vir 2

• 3 groot aartappels
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 125 ml room
• 4 – 6 vars salieblare

Verhit oond tot 180 °C. Sny aartappels met skil en al in baie dun skywe. Gebruik ’n groot genoeg pan of bak wat jy in die oond kan plaas. Pak aartappels in lae en geur met sout en peper. Gooi room oor en pak salieblare bo-op. Plaas in warm oond en bak minstens 1 uur tot aartappels sag en gaar is. Sit warm voor.