sk0812cocktails01
Bykos

Aartappelskyfies

(8 klein porsies)

  • 1 kg pak bevrore aartappelskyfies
  • 750 ml sonneblomolie
  • sout na smaak
  • 250 ml romerige mayonnaise, om voor te sit

Verhit die olie in ’n kastrol. Gooi een aartappelskyfie in die warm olie en as dit onmiddellik begin braai, is jou olie reg. Gooi nou al die aartappelskyfies (bevrore) in die olie. Dit sal dadelik afkoel, dis reg so. Los dit net so – moenie roer nie, jy sal die skyfies breek. Die skyfies sal stadig begin braai. Wanneer hulle bros word, kan jy hulle ’n ligte roer gee. Dreineer op kombuispapier en sit gesout voor in papierkeëls.