Gebak

Aartappelwiggies

4 porsies

  • 12 groot aartappels, geskil
  • 250 ml sonneblomolie
  • sout na smaak

Verhit oond tot 180 °C. Sny aartappels in wiggies. Plaas wiggies in ’n groot kastrol met koue water. Bring tot kookpunt en laat kook vir 5 minute. Gooi olie in ’n oondbak en plaas bak in die oond vir sowat 10 minute sodat olie lekker warm word. Dreineer aartappels en plaas hulle versigtig in warm olie. Plaas terug in oond en laat rooster vir sowat 1½ uur tot goudbruin en bros. Skep aartappelwiggies uit olie en dreineer op kombuispapier. Geur met sout.