Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Amandel-en-karamelkoek

(12 BLOKKIES VAN 5 CM X 6 CM)

  • 125 g (135 ml) botter
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 1 eiergeel
  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 35 g (60 ml) bruismeel
  • 30 ml vlapoeier
  • knippie sout

Bo-laag

  • 200 g (250 ml) bruinsuiker
  • 30 ml gouestroop
  • 180 g (195 ml) botter
  • 200 g gepelde amandels, grofgekap

Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n pan van 20 x 20 x 5 cm diep uit met bakpapier. As jy nie die rande met bakpapier uitvoer nie, maak net seker dit word goed gesmeer. Die maklikste is om die deeg in ’n voedselverwerker te maak. Room botter en suiker goed saam tot lig en romerig. Voeg eiergeel by. Sif meel, bruismeel, vlapoeier en sout saam. Voeg by in voedselverwerker en meng tot deeg. Druk deeg in pannetjie en sorg dat dit egalig is. Plaas in oond en bak vir 15 minute. Maak nou die bo-laag Plaas suiker, gouestroop en botter in ’n kastrol. Bring tot kookpunt oor lae hitte. Roer tot suiker opgelos is. Laat prut vir 5 minute en haal van hitte af. Voeg amandels by en meng goed. Haal deeg uit oond en smeer bo-laag op. Plaas terug in oond en bak verder vir nog 5 minute. Haal uit en laat afkoel.

Wenk: Wees versigtig, die karamel bo-op word baie warm.