Foto deur Donna Lewis
SARIE KOS Augustus/September 2014

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS Augustus/September 2014

Gebak

Amandel-meringues

Die amandels gee die meringue ’n lekker neutgeur en unieke smaak.

Genoeg vir 12
• 100 g fyn amandels
• 8 eierwitte
• 250 g (300 ml) strooisuiker
• 200 g (380 ml) versiersuiker, gesif
• 25 g (50 ml) mielieblom, gesif
• 125 ml room
• 100 g donkersjokolade, gekap

Verhit oond tot 120 °C. Plaas amandels in braaipan en rooster oor lae hitte terwyl jy roer tot goudbruin. Laat afkoel. Klits eierwitte tot sagte punte vorm en klits strooisuiker bietjies-bietjies by tot die mengsel styf is. Klits verder terwyl jy versiersuiker bietjies-bietjies bygooi. Vou amandels en mielieblom versigtig in. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en spuit bakpapier goed met kleefwerende kossproei. Skep of spuit meringues (besluit self hoe groot – ek stel voor so 3 cm) op die bakplaat. Plaas in oond en bak 3 uur of tot bros. Laat afkoel op plaat. Bring room tot kookpunt en gooi oor gekapte sjokolade. Roer tot mengsel glad is. Laat staan tot afgekoel en smeerbaar. Plak twee meringues aanmekaar vas met die sjokolademengsel. Sit voor