Foto deur Mickey Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2013

Gebak

Amandelbrood

n Groot brood waaraan baie mense vroegoggend kan smul. Heerlik saam met ’n koppie goeie koffie.
Genoeg vir 8 – 10

• 1 kg winkelbrooddeeg
• 200 g fyn amandels
• 2 eierwitte
• 100 g (120 ml) strooisuiker stroop
70 g (135 ml) versiersuiker
45 ml water

Stap 1. Verhit oond tot 180 °C. Rol deeg so 1 cm dik uit op ‘n meelbestrooide oppervlak. Meng amandels, eierwitte en suiker saam om ‘n gladde pasta te vorm. Smeer amandelpasta op deeg. Rol deeg in die lengte op sodat dit soos ‘n lang wors lyk.

Amandelbrood stap 1

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2. Sny deegrol in die middel deur, maar moenie aan die bokant dwarsdeur sny nie.

 

stap 2

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Draai die twee stukke deeg om mekaar en plaas op ‘n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Plaas in warm oond en bak 1 uur tot gaar.

 

stap 3

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4. Meng versiersuiker en water tot stroop. Haal brood uit oond en gooi stroop oor warm brood. Laat effens afkoel en sit louwarm voor.

 

stap 4

Stap 4