Foto deur Donna Lewis

SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Gebak

Amandelkoekies

Die koekies word in versiersuiker gerol. Dit vorm ʼn wit lagie wat ʼn kraakpatroon maak wanneer dit gebak word.
(sowat 12 koekies)
Baktyd: 12 – 15 minute

  • 225 g (430 ml) versiersuiker, gesif
  • 125 g fyn amandels (sif eers 3 keer voor jy dit afweeg)
  • 110 g eierwitte (sowat 4 eiers)
  • 30 g (35 ml) strooisuiker
  • 5 ml pienk kleursel
  • sjokoladesmeer

Sif versiersuiker en amandels drie keer saam. Klits eierwitte tot sagte punte vorm en gooi strooisuiker geleidelik by. Hou aan klits tot blink. Voeg kleursel by. Gooi amandelmengsel by en vou in met metaallepel tot gemeng. Hou aan invou tot mengsel blink en glad is. Skep beslag in versiersak met 1 cm-tuit. Voer bakplaat uit met bakpapier en spuit goed met kossproei. Spuit ronde sirkels van 2 cm in deursnee. Slaan pan 2 keer liggies op werkoppervlak om van ektra lugborrels ontslae te raak. Laat staan onbedek vir 1 uur. Verhit oond tot 160 °C. Bak nou 12 – 15 minute of tot bros. Laat afkoel en haal met slaplemmes van papier af. Skep lepels vol sjokoladesmeer op helfte van koekies en plaas ander helfte bo-op.