sk0812inpak33x
Gebak

Amandeltert

(6 porsies)

  • 3 velle fillodeeg
  • 30 ml botter, gesmelt
  • 90 g (100 ml) sagte botter
  • 90 g (112 ml) bruinsuiker
  • 2 eiers
  • 200 g fyn amandels
  • 40 g (70 ml) koekmeel
  • 2 ml bakpoeier
  • 10 ml suurlemoenskil, fyngerasper
  • 100 g gevlokte amandels
  • versiersuiker om bo-oor te sif

Verhit jou oond tot 180 ºC. Smeer die pan met botter. Plaas een vel fillodeeg op jou werkoppervlak. Smeer met gesmelte botter. Vou die deeg dubbel en plaas in die quiche-pan. Sny die oortollige deeg wat oor die kante hang af. Smeer die deeg in die pan met botter. Herhaal die proses met die tweede en derde vel deeg. Room die botter en bruinsuiker saam tot lig en romerig. Voeg die eiers by en klits goed. Gooi die fyn amandels by. Sif die koekmeel en bakpoeier saam. Voeg die meel en suurlemoenskil by die bottermengsel. Smeer die mengsel in die uitgevoerde quiche-pan. Sprinkel die gevlokte amandels oor en druk vas. Bak vir 35 – 40 minute. Haal uit en laat afkoel. Sif versiersuiker oor.