Foto deur Lee Malan

SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Foto deur Lee Malan SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Gebak

Amerikaanse wors in kombers

Ek wou nog altyd ʼn “corn dog” probeer maak – ʼn gaar wordie wat in deeg gedoop en gediepbraai of gebak word, en aan ʼn stokie bedien word. Hier is my weergawe.
(genoeg vir 4)
Gaarmaaktyd: 10 minute

  • 2 liter sonneblomolie vir diepbraai
  • 8 Amerikaanse hotdog-worse
  • 180 ml mieliemeel
  • 2 eiers
  • 25 ml bakpoeier
  • 150 ml melk
  • 60 ml koekmeel en bietjie ekstra om worsies in te rol
  • 30 ml mosterdpoeier
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 8 sosatiestokkies
  • 1 x 410 g-bottel gepekelde uitjies
  • 280 g gesnyde soetsuur agurkies
  • Amerikaanse mosterd

Verhit die sonneblomolie in ’n diep kastrol waarin die worsies in die lengte sal pas. Vir die beslag, meng die mieliemeel, eiers, bakpoeier, melk, koekmeel en mosterdpoeier goed saam. Geur met sout en peper. Druk die worsies op die sosatiestokkies, rol in ekstra meel en dan in die beslag. Diepbraai worsies terwyl jy aan die stokkie vashou – dis vinnig. Sit voor met uitjies, agurkies en mosterd.

Wenk
As jy bietjie oorboord wil gaan, kan jy die worsie in ’n broodjie met mosterd, uitjies en agurkies voorsit.