Foto deur Micky Hoyle

Gebak

Anderste kapokaartappels-en-varkworsies

(4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 12 salotte (of klein piekeluitjies)
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 8 varkworsies
  • 250 ml rooiwyn
  • 5 vars salieblare
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 6 groot aartappels, geskil
  • 45 ml botter
  • 60 ml melk

Verhit olyfolie in diep pan. Braai salotte tot bruin. Voeg knoffel en worsies by. Braai oor stadige hitte tot worsies mooi bruin is. Voeg rooiwyn en salieblare by en geur met sout en peper. Laat prut oop tot worsies gaar is – sowat 30 minute. Verhit oond tot 180 °C. Skil aartappels en plaas in kastrol met koue water. Bring tot kookpunt en kook tot sag. Druk aartappels fyn met ’n aartappeldrukker. Voeg botter by en roer deur tot botter gesmelt is. Verhit melk en voeg by. Meng goed en geur met sout en peper. Skep worsies in bakkies en skep kapokaartappels bo-op. Plaas in oond tot aartappels net bruin word bo.

  • Pheteni

    ?? ??,PCN CANDIDATE ? ?? ?? ? ? online ?? enter ? ? ? ?? ?? saomporna ? ? enter ? ?? ? ?PCN Candidate? Sampoorna ?? ?? ?? ? ? ? ? ?? ? ?. ? .?.?? ? ? ? ? B List ? ? ? PCN ? ??? ?? ?? ? ? ?? ? ? ? ? ? ? ?? 10 ? ? ? ? ? ? ? ? ? ? ? ? ?? .? ? ??? ?? ? ? ??? ? ? ? ?? ? ? ??? ? ?? ? ? ?? ? ? ? ? ? ? 29-11-2011 ? ? ?? ? ? ?? ? ? ? ? ? . ? ? ? ?? ? .