Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Appel-en-amandeltert

  • 1 vel (400 g) blaardeeg
  • 150 g (165 ml) botter, teen kamertemperatuur
  • 100 g (125 ml) strooisuiker
  • 100 g gevlokte amandels
  • 6 – 8 Granny Smith-appels

bo-op

  • 45 ml strooisuiker
  • 3 ml kaneel
  • 50 g gevlokte amandels

1.Verhit oond tot 180 °C. Voer ‘n diep bakplaat van sowat 30 x 23 cm uit met bakpapier. Plaas die vel blaardeeg in die bakplaat. Sit in yskas tot benodig.

Stap 1

Stap 1

2.Plaas botter, suiker en amandels in jou voedselverwerker. Meng tot gladde pasta. Haal deeg uit yskas en smeer pasta bo-op deeg, maar hou rondom deeg ‘n rand van 2 cm skoon. Sit terug in yskas.

Stap 2

Stap 2

3.Skil appels en ontklok. Hou ‘n bak water met bietjie sout in byderhand en plaas geskilde appels daarin. Dit sal keer dat die appels bruin word. Sny appels in helfte en dan in skywe.

Stap 3

Stap 3

4.Haal deegbasis uit yskas en pak appels styf teen mekaar bo-op bottermengsel.

Stap 4

Stap 4

5.Sprinkel strooisuiker, kaneel en gevlokte amandels bo-oor. Plaas in oond en bak vir 35 – 40 minute. Die deeg moet bros en deurgaar wees. Jy kan die tert warm of teen kamertemperatuur voorsit saam met styfgeklopte room.

Stap 5

Stap 5