Foto's deur Micky Hoyle

Diabeties

Appel-en-dadelblokkies

Resepte
Hilda Lategan

Resep lewer: 25 blokkies
porsiegrootte: 1 blokkie

Vulsel

  • 125 g dadels, fyngekap
  • 2 middelslag-appels (200 g), geskil, gerasper
  • 10 ml gerasperde lemoenskil
  • 100 ml vars lemoensap

Kors

  • 125 ml (65 g) Saskosemelryke bruismeel
  • 250 ml (90 g) rou hawermout
  • 50 ml (18 g) droë klapper
  • 2,5 ml bakpoeier
  • Knippie sout
  • 25 ml strooisuiker
  • 1 groot eier, geklits
  • 30 ml avokado- of kanola-olie
  • 50 ml ongegeurde laevetjogurt
  • 2,5 ml vanieljegeursel

Bolaag

  • 1 groot eier
  • 2,5 ml vanieljegeursel
  • 75 ml (60 g) strooisuiker
  • 125 ml (60 g) koekmeelblom
  • 300 ml (105 g) droë klapper
  • 2,5 ml bakpoeier
  1. Kook dadels, appel, skil en sap vir 5 – 8 minute oor lae hitte tot dadels sag en appels gaar is. Laat eenkant afkoel.
  2. Voer ’n 25 x 25 cm-koekpan oorkruis met bakpapier en spuit met kleefwerende kossproei.
  3. Verhit oond tot 180 °C.
  4. Kors Meng bruismeel, hawermout, klapper, bakpoeier, sout en strooisuiker. Klits eier, olie, jogurt en geursel saam. Roer eiermengsel by droë bestanddele om ’n effe klewerige deeg te vorm. Versprei die deeg in die koekpan en druk vas om ’n kors te vorm.
  5. Smeer die afgekoelde appel-en-dadelmengsel oor die kors.
  6. Bolaag Klits die eier, geursel en strooisuiker tot liggeel en skuimerig. Meng die koekmeel, klapper en bakpoeier en vou by die eiermengsel in. Krummel die klappermengsel oor die vulsel. (Die klappermengsel kan vir 10 minute verkoel word en dan oor die vulsel grofgerasper word.)
  7. Bak vir 35 tot 40 minute tot strooikleurig en gaar. Sny die koek terwyl dit warm is en laat in pan afkoel voordat jy dit uitlig.