sk1010vrugte3
Gebak

Appel-kolwyntjies

(12 kolwyntjies)

  • 3 eiers
  • 175 g (210 ml) strooisuiker
  • 175 g (312 ml) bruismeel
  • 175 g (190 ml) botter teen kamertemperatuur
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 2 ml fyn kaneel
  • 1 groenappel, geskil en gerasper

versiersel

  • 2 appels, in dun ringe gesny
  • versiersuiker vir oorsif
  • 1 x basiese roomkaasversiersel
  • kaneel vir oorsif

Verhit oond tot 180 °C. Voer kolwyntjiepannetjies met papierbakkies uit en spuit met kleefwerende sproei. Plaas al die bestanddele (behalwe die gerasperde appel) in die mengbak van ‘n elektriese menger. Klits alles saam vir 3 – 4 minute. Vou gerasperde appel in en skep mengsel in bakkies. Plaas in warmoond. Bak vir 15 – 20 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom. Haal uit en laat afkoel voor jy die kolwyntjies versier. Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende sproei. Plaas appelskywe op bakplaat en sif versiersuiker oor. Bak vir 1 uur teen 120 °C of tot bros. Skep roomkaasversiersel op kolwyntjies en sif kaneel oor. Druk appelskywe in elkeen.