Foto's deur  Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

Gebak

Baba-wortels gebak in heuning met amandels

4 – 6 porsies

  • 30 ml botter
  • 60 ml heuning
  • 30 ml vars tiemie, fyngekap
  • 24 baba-wortels, geskil en gekook tot net sag
  • 100 g gevlokte amandels
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas botter, heuning en tiemie in middelslag-pan oor lae hitte. Bring tot kookpunt terwyl jy roer. Voeg babawortels by en braai stadig vir sowat 5 – 8 minute of tot wortels lekker taai is. Gooi amandels by en braai vir 1 minuut of tot amandels begin verbruin. Geur goed.