sk07muratie03
Bykos

Baie bros aartappels

  • 6 aartappels, geskil
  • 750 ml sonneblomolie

Kook die aartappels in soutwater tot sag (doen dit in die oggend) en laat heeltemal koud word. Skraap die aartappels met ‘n vurk vir ‘n ongelyk, growwe oppervlak. Verhit die sonneblomolie in ‘n groot kastrol (jy kan ‘n bietjie sout by die olie voeg; dit gee die aartappels ‘n wonderlike geur). Dompel die aartappels versigtig in die warm olie en beweeg liggies in die olie rond tot hulle ‘n mooi goue kleur het. Hulle sal bros aan die buitekant en donserig in die middel wees. Skep uit en geniet saam met die gestopte hoender en heel, gekookte blomkool met witsous. Onthou, dit hoef nie Sondag te wees vir Sondagmiddagete nie!