FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Gebak

Bak soos Koekedore Mary Berry & Paul Hollywood

Sommige van ons het net ’n natuurlike talent vir bak, veral fyngebak. Maar vir ander is dit ’n ervaring van koue sweet en angs. Daar’s gelukkig hoop! Hier’s wenke vir foutlose fênsie fyngebak. 

1. Weeg jou bestanddele noukeurig af

Jy sal nie glo hoeveel verkeerd kan gaan indien bestanddele verkeerd afgeweeg is nie. Lees jou resep dééglik deur!

2. Gebruik die resep as ’n riglyn

Dis ’n feit soos ’n koei: elke oond is anders, veral wanneer dit by temperatuur kom. Ken jou oond en gebruik jou intuïsie as dit by die temperatuur en baktyd kom. Wat dít betref, is dit nie altyd wys wees om 100% volgens die resep te werk nie.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

3. Baktoerusting is die antwoord op jou sukses!

Dis moeilik om fyngebak perfek te bemeester sonder ’n goeie elektriese menger of selfs ’n goeie werkende oond.

Probeer gerus hierdie stap-vir-stap-resep vir macarons. Dit het ’n heerlike vulsel en is boonop baie maklik om te maak.

Melksjokolade-en-haselneut-macarons

Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle 

Bronne: BBC Food