Foto's deur Micky Hoyle

Bykos

Balsemyn-en-roosmaryn-aartappels

Genoeg vir 4 – 6

• sowat 125 ml olyfolie
• 4 Mediterreense aartappels
• 3 klein uie, in kwarte gesny
• 6 heel knoffelhuisies
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 4 – 6 takkies vars roosmaryn
• 45 ml balsemasyn (sien bl. 34)

Verhit oond tot 180 °C. Gooi helfte van olyfolie in oondbak. Halveer aartappels met skil en al in lengte. Pak aartappels, uie en knoffelhuisies in bak. Geur met sout en peper. Plaas roosmaryntakkies bo-op aartappels en gooi res van olyfolie en balsemasyn oor. Oondbraai 1 – 1½ uur in warm oond tot goudbruin en gaar.