Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Gebak

Bar-One-croissant met roomys

(Genoeg vir 4)
Verhit oond tot 180 °C. Neem 4 croissants en sny oop aan een kant. Halveer 2 x 55 g-Bar-One-stafies en sit in opening van elke croissant. Plaas croissants op ’n bakplaat en sif versiersuiker oor. Plaas in oond vir so 15 minute tot sjokolade gesmelt het. Haal uit en sit warm voor saam met vanieljeroomys.